scispace - formally typeset
Search or ask a question

Showing papers in "Hts Teologiese Studies-theological Studies in 1970"


Journal ArticleDOI
TL;DR: Mulder et al. as discussed by the authors used a promosie aan the Rijksuniversiteit te Groningen op 21 Januarie 1954 to promote the promotion of the Jhr.
Abstract: Met sy promosie aan die Rijksuniversiteit te Groningen op 21 Januarie 1954 het prof. E. S. Mulder sy proefskrif, Die Teologie van die Jesaja-Apokalipse, en die daaraan toegevoegde stellings teen die bedenkings van die Fakulteit Godsgeleerdheid, on der voorsitterskap van die destydse Rector-Magnificus Jhr. Dr. P. J. van Winter, verdedig1). Skrywer van hierdie artikel het die voorreg gehad om by dié geleentheid as paranimf van die promo­ vendus op te tree. Later van 1957 tot einde 1970, het hy die verdere voorreg geniet om as kollega langs prof. E. S. Mulder in die Teologiese Fakulteit Afd. A aan die Universiteit van Pretoria werksaam te wees. Waar prof. Mulder nou uittree as hoogleraar en hoof van die Departement Ou Testamentiese W e­ tenskap en ook as Dekaan van die Fakulteitsafdeling A, ’n taak wat hy vanaf 1960 met onderskeiding verrig het, wil dit voorkom dat daar gevoeglik teruggegaan kan word na die jaar 1954. Want in die Stellings wat prof. Mulder destyds aan sy proefskrif toegevoeg het, kom daar ’n stelling voor wat vanaf 1954 in die ruimte van die Kerk, aan aktualiteit gewen het. Enersyds was dit byna vanselfsprekend dat prof. Mulder in 1954 so ’n stelling sou gemaak het want as Vise-Skriba van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering en as een van diégene wat ten nouste gemoeid was met die opstel van die Kerkwet wat in 1951 aanvaar is, het prof. Mulder van naby die organisatoriese probleme van die Kerk geken. Stelling XI wat prof. Mulder in 1954 gemaak het, het as volg gelui: „Die snelle uitbreiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika maak die vermindering van die ledetal van die Algemene Kerkvergadering noodsaaklik.” Ter verduideliking het prof. Mulder daaraan toegevoeg: „Die Algemene Kerkvergadering is saamgestel uit alle diensdoende predikante van die Kerk, hoogstens twee afge­ vaardigdes uit elke gemeente en die teologiese professore van die Kerk.” Dit het in 1954 beteken dat die Algemene Kerkvergadering, as almal wat geregtig was om sitting te neem, ook sou gekom het, sou bestaan het uit 98 predikante, 346 afgevaardigdes van

1 citations


Journal ArticleDOI
TL;DR: In this article, vanuit die Skrif en Calvyn word byvoorbeeld die soli deo gloria as norm, dit wil sê as meetsnoer en rigsnoer, gestel en die wetenskap daarvolgens beoordeel.
Abstract: Wanneer ’n mens oor Christelike Wetenskap redeneer staan jy heel aan die begin reeds voor ’n probleem naamlik op waiter punt begin die redenasie? Voorstanders van Christelike Weten­ skap begin (sover ek hulle ken) altyd by die Christelike geloof of die Skrif of die Christelike Jewensopvatting en wêreldbeskouing of liefs by aldrie, en beweeg daarvandaan na die Wetenskap toe. Hierdie metode hou in dat in die eerste plek implisiet of eksplisiet gestel word dat die Christengelowige altyd by die Skrif moet begin, omdat die Skrif as die Woord van God die voorrang bo alle ander sake moet geniet. In die tweede plek hou dit in wat ’n norm apriories (dit wil sê voorafgaande aan en onafhanklik van die verskynsel wat bestudeer word) ontwerp word waama dan die wetenskap as bestudeerde fenomen benader word. Vanuit die Skrif en Calvyn word byvoorbeeld die soli deo gloria as norm, dit wil sê as meetsnoer en rigsnoer, gestel en die wetenskap daarvolgens beoordeel.

1 citations