scispace - formally typeset
Search or ask a question

Showing papers in "Hts Teologiese Studies-theological Studies in 1981"




Journal ArticleDOI
TL;DR: The Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika and the Universiteit van Pretoria as mentioned in this paper are the two most important entities in South Africa, and they are the kerk and the universiteit.
Abstract: Vyftig jaar kerk, vyftig jaar teologie, vyftig jaar universiteit. Die kerk is die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, 'n baie spesifieke, eiesoortige verskyningsvorm van die kerk. Die universiteit is die Universiteit van Pretoria, 'n inrigting wat eweneens 'n baie spesi­ fieke karakter het onder die universiteite van die land en die wereld. Tegelyk is albei, kerk en universiteit, universele verskynsels, en vertoon die spesifieke verskyningsvorm steeds die kenmerke van die universele. Net so is die Teologie waarvan hier sprake is, eerstens die Teologie in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar tegelyk die Teologie as wetenskap en universele fenomeen. In hierdie besondere en algemene karakter van die drie entiteite le die problematiek van ons onderwerp, en dit word verskerp deur die aanduiding van die tydperk, 1930 tot 1980. Vyftig jaar is in die bestaan van kerk, Teologie en universiteit te kort om keerpunte of blywende tendense aan te toon, en die tydperk is deel van ons eie tyd, te naby om nugter te kan besien. Teen die agtergrond van hierdie beperkings is elke aanpak van die onderwerp voorlopig en oppervlakkig. Een wyse van besiening van 'n bepaalde tydperk is om te vra na ontwikkeling. Was daar groei, was daar 'n opeenvolging van oorsaak en gevolg, is daar voldoen aan verwagtings, het daar aanwysbare resultate gekom deur die uitvoering van geformuleerde beleid, het daar aanpassing, verandering, ontplooiing van beleid gekom, ens.? Dit is byvoorbeeld van belang dat die studentegetalle van UP gegroei het van 1054 in 1930 tot 17321 in 1980, wat 'n jaarlikse groei van 10,6% verteenwoordig. So 'n hoe groeikoers, heeltemal buite verhouding tot die bevolkingsgroei, toon dat die Universiteit sy voile aandeel geneem het in die naskoolse onderwys en opvoeding van die Afrikanervolk. Die getal fakulteite het toegeneem van vyf na elf met sowat 130 departemente, en vandag is UP 'n byna allesomvattende inrigting wat bygehou het met die kennisontploffing van die afgelope drie dekades, en gehelp verseker het dat die Afrikaner sy aandeel kan neem op die hoogste vlak van 'n modeme en groeiende nywerheidstaat. Dit was, afgesien van 'n kort periode van weifeling, vir die Neder­ duitsch Hervormde Kerk van Afrika altyd vanselfsprekend dat die opleiding van sy predikante aan 'n universiteit moes geskied, dat dit

2 citations


Journal ArticleDOI
TL;DR: In 1 Korintiers 14:40, Christus is described as a georganiseerde liggaam van Christus openbaar in a kerklike lewe as mentioned in this paper, in which there are three elements: (i) the ampte, (ii) the vergaderings, (iii) the bewaking van the suiwere leer, sakramente and (iv) the tug of Christelike straf.
Abstract: Kerkreg het te maak met die organisasie van die kerk. Die kerklike lewe moet op 'n gepaste en ordelike wyse (1 Korintiers 14:40) ingeklee en ingerig word sodat duidelik sal blyk dat Jesus Christus die ewige Here en Koning van die kerk is. Jesus Christus is en bly die ewige Hoof van die kerk. Die kerk kan eers dan in die wereld krag uitoefen en aan sy bestemming beantwoord, as hy homself as georganiseerde liggaam van Christus openbaar1. In hierdie georganiseerde kerk is daar vier elemente wat onontbeerlik is vir die onderhouding van die goeie orde en die bevordering van die welsyn van die gelowiges, naamlik (i) die ampte, (ii) die vergaderings, (iii) die bewaking van die suiwere leer, sakramente en ander seremonies en (iv) die tug of Christelike straf. Die kerk is 'n eiesoortige organisasie wat in sy wese en grondbeginsels nie berus op menslike goeddunke of menslike oordeel nie. Jesus Christus het self 'n organisasie vir die kerk verorden soos dit Hom behaag. Die grondbeginsels vir sy organisasie ontleen die kerk aan die Woord van God waar sy wil in die verband ook blootgele word. Lidmaatskap van die kerk is soos die kerk self ook iets eiesoortigs. Die sondaar word lidmaat van die kerk omdat Jesus Christus hom deur sy Gees en Woord daartoe bring. Ja, die sondaar word lidmaat omdat hy deur God uitverkies is, wedergebore is en 'n nuwe skepsel geword het wat in Christus ingelyf is. Hy staan nou in gemeenskap met Jesus Christus, sy Verlosser, en deur Hom in gemeenskap met die drie-enige God. Maar deur Jesus Christus staan hy ook in ge­ meenskap met alle ander kinders van God, wat solank hulle op aarde is, deur Jesus Christus byeengebring en georganiseer word in 'n sigbare kerk wat op baie plekke dwarsoor die wereld byeenkom. Die kerkvorm of kerkorganisasie is 'n onafskeidelike deel van die aardse verskyning van die kerk2. Lidmaatskap van die kerk veronderstel geloof in die lewende en drie-enige God soos Hy Hom geopenbaar het. Geloof veronderstel weer vergewing van sondes om Christus se ontwil, uitverkiesing,

2 citations




Journal ArticleDOI
TL;DR: The geskiedenis van die plaaslike gemeente is vir die Afrikaanse Kerke van primere belang as mentioned in this paper, a self-begrip van die afsonderlike kerke and kan help om the geskeyingenis, by hulle met mekaar betrokke is, te ontsluit.
Abstract: Die geskiedenis van die plaaslike gemeente is vir die Afrikaanse Kerke van primere belang. Dit dien die selfbegrip van die afsonderlike kerke en kan help om die geskiedenis waarby hulle met mekaar betrokke is, te ontsluit. Die bewering word op teologiese en historiese gronde gemaak. Hierdie kerke kom na vore en laat hulle verteenwoordig in soveel plaaslike gemeentes. Dit is allereers in die gemeente waar Christus, volgens die Bybels-Reformatoriese belydenis van die Afrikaanse Kerke, in sy Woord en deur sy Gees met sy kerk op pad is. Dit is in die plaaslike gemeentes waar die kerk sy geskiedenis allereers en spontaan belewe en wil laat beskrywe. Die geskiedenis van die Afrikaanse Kerke lewer ook bewys dat die gemeentes 'n bepalende en besondere invloed het. Dink maar aan Mooirivier, Lydenburg, Rustenburg, die Konsulentsgemeente van Pretoria. Die bestudering van die veelvuldige verbande, die genitiewe, van die plaaslike gemeentes bied 'n uitnemende toegang om die besondere en algemene aspekte van die Afrikaanse kerkgeskiedenis uit te klaar. Maar dan moet sy problematiek ondervang word. Laat ek dit probeer aandui met verwysing na: 1. Die motivering van gemeentegeskiedskrywing, nl die poging van die kerk om voortgang aan sy bediening te gee, en 2. Die veelledige betrekking wat die gemeentegeskiedenis met die Afrikaanse kerkgeskiedenis in die algemeen het.

1 citations


Journal ArticleDOI
TL;DR: In this article, Botha het in sy versoek aan my om hierdie vraag te behandel, gestel dat ''na die mislukte kerkvereniging van 1885 het daaruit 'n hofsaak gespruit in verband met eiendomme van die Nederduitsch Hervormde Kerk''.
Abstract: Prof Botha het in sy versoek aan my om hierdie vraag te behandel, gestel dat \"na die mislukte kerkvereniging van 1885 het daaruit 'n hofsaak gespruit in verband met eiendomme van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Die uitspraak van die hof in 1893 was dat die kerk 'n universitas was en nie 'n societas n ie\" en dat u \"uit 'n juridiese oogpunt die saak nader toegelig wil he en ook die vraag beantwoord wou sien of dit steeds so gesien word\".

1 citations