scispace - formally typeset
Search or ask a question

Showing papers in "Hts Teologiese Studies-theological Studies in 1969"



Journal ArticleDOI
TL;DR: The Hervormde Kerk and the Zuid-Afrikaanse Republiek is reeds meer as ’n half-eeu ver verwyder van the negentiende-eeuse verbondenheid tussen die Ned as discussed by the authors.
Abstract: Die dekade w at hier te sprake is, is reeds meer as ’n halfeeu ver verwyder van die negentiende-eeuse verbondenheid tussen die Ned. Hervormde Kerk en die ou Zuid-Afrikaanse Republiek, toe die stryd om kerklike en nasionale onafhanklikheid twee sye van dieselfde saak was. Die poging to t kerkvereniging en die drie­ jarige oorlog, gevolg deur ’n tydperk van skrynende armoede op materiële vlak, oorstroming vanuit die suide en gevolglike minderheidstatus, het daartoe gelei dat die eerste helfte van die 20ste eeu vir die Hervormde Kerk grotendeels nog ’n stryd om bestaan was. Die heropbou van die kerk het geskied in ’n gees van isolement, bevorder deur die mindere maatskaplike posisie van sy lidmate, die tekort aan predikante, die imperialistiese strewe van susterkerke, en ander faktore. Vir rustige en om­ vattende formulerings van die verhouding tussen kerk en maatskappy was daar weinig geleentheid. Probleme op hierdie vlak is die hoof gebied deur optrede in casu eerder as deur vir die toekoms steekhoudende uitsprake. Woelinge op politieke en kulturele gebied het egter nie by die Kerk verbygegaan nie. Die opkoms van die nasionale beweging vanaf 1912, die rebellie van 1914, die mynstakings van 1922 en 1942, die twee wêreldoorloë en die bittere stryd van die dertiger en veertiger jare het op een cf ander wyse weerklank gevind in die vergaderinge van die Kerk.

4 citations