scispace - formally typeset
Search or ask a question

Showing papers in "Hts Teologiese Studies-theological Studies in 1983"





Journal ArticleDOI
TL;DR: In this article, Calvyn se hoe ideaal van indrukwekkende verhewenheid, van gewig en majesteit vir die kerklied maak nie.
Abstract: Tussen vemuwing en tradisie. So kan ons die spanningsveld waarin die kerklied leef, beskryf. Meermale kom in hierdie spanning 'n wesenlike dubbelhartigheid by gelowiges aan die lig. Hulle hunker enersyds sterk na nuwe liedere, aangepas by en vertolkers van die nuwe, modeme tyd en sy lewensgevoel. Maar terselfdertyd wil hulle ou, bekende en maklike liedere bly sing. Wat ons die beste ken, het ons die liefste. Ons weerstaan verandering, maar soek dit terselfder­ tyd! Maar die spanning tussen vemuwing en tradisie hoef nie noodwendig op dubbelhartigheid te dui nie. Dit moet ook nie noodwendig opgelos word nie. Die gelowige het behoefte aan nuwe liedere om sy geloof uit te druk. God le hom 'n nuwe lied in die mond. Maar van dieselfde God het hy groot skatte in die verlede ontvang wat hy wil bewaar. Is dit nie die wesenlike tekort in ons nuwe Afrikaanse psalmbundel nie? Die skatte uit die verlede is voortreflik bewaar. En daarby het dit ook hoofsaaklik gebly. Maar die spanningsveld waarin die kerklied leef, strek nog wyer. Wat is die regte verhouding tussen die estetiese gehalte van die kerklied en die bevattingsvermoe van die gemeente? Immers, dit is nie slegs die teks of die melodie of die blote opname in 'n bundel wat van 'n lied 'n goeie kerklied maak nie. Daar moet iets bykom voordat van \"kerklied\" sprake kan wees: die gemeente. Ons sou ten alle tye, esteties gesproke, 'n beter kerklied kon saamstel as ons die gemeente kon vergeet. Die kerklied mag nooit losgemaak word van die kerklike gemeenskap nie. Daar moet rekening gehou word met wat die gemeente liefhet en kan sing. En daar moet ook met estetiese oorwegings gereken word. Want wat geliefd is by die gemeente is nog nie om die rede alleen goed genoeg nie. \"De geschiedenis van het kerkelijk en geestelijk lied is een geschiedenis met goede en met kwalijke kanten. Wakkere liederen, die de bevrijding van Godswege proclameerden en deze konden begeleiden en versterken, zijn er gezongen, evengoed als liederen van berusting die de gemeente zand in de ogen strooiden. En de laatsgenoemden konden bij tijden de meeste geliefde zijn\" (1: p. 97). Maar Calvyn se hoe ideaal van indrukwekkende verhewenheid, van gewig en majesteit vir die kerklied moet ook nooit verwar word met onnatuurlike swaarwigtigheid nie. Die kerklied moet gesing kan word. Maar dit moet ook gewig he. So gebeur dit dat die estetiese eise in konflik kan kom met die pastorale tegemoetkoming aan wat die gemeente nodig het en aanspreek.

2 citations


Journal ArticleDOI
TL;DR: In die Ou-Testamentiese teologiese opleiding, die predikant verloor sy bedrewenheid, veral as hy nie volhou met grondige studie nie as discussed by the authors, val hy telkens intuitief terug op die bepaalde benadering tot die Ou Testament.
Abstract: 1. DIE BELANG VAN DIE HERMENEUTIESE \"VORVERSTA N D N IS\" Tydens hulle teologiese opleiding, maak predikante kennis met be­ paalde hermeneutiese benaderings tot die Ou Testament, sowel as bepaalde eksegetiese tegnieke wat daaruit voortvloei. Teen die tyd dat hulle in die predikantspraktyk staan, het hulle hierdie herme­ neutiese beginsels hulle eie gemaak en beskik hulle oor 'n redelike vaardigheid in die hantering van die eksegetiese tegnieke. Met verloop van tyd is dit egter hierdie tegniekvaardigheid wat eerste in die slag bly. Die predikant verloor sy bedrewenheid, veral as hy nie volhou met grondige studie nie. Die hermeneutiese beginsels wat hy aangeleer het, bly hom egter veel langer by. In sy voorbereiding vir preke en Bybelse voordragte, val hy telkens intuitief terug op die bepaalde benadering tot die Ou Testament waarin hy geskool is. Daarom is dit belangrik om nie net te praat oor nuwere eksegetiese metodes nie, maar ook aandag te gee aan die huidige gedagtegang van die Ou-Testamentiese teologie.

1 citations